Monday, June 23, 2008

WIT VLAG AAN DIE EINDE VAN DIE REIS

van iewers bars klavier note
soos reen uit wolke
hammer aan die vensters
van my ore
en rattel oor heuwels
soos kiskarre sonder wiele
hul word 'n warrelwind
wat my siel soos 'n tolbos
opraap
en wyd wegwaai
oor gunterland
verby die knersvlakte
tot anderkant die woestyn
wat dor in die droogte
van my eie gemoed aangroei
kokerboom
en okerplant
staan soos weerhane
met arms uitgestrek
om die flarde van 'n lewe
soos wit lappe van oorgee
in hul vingers te sprei

ps
sommer net stupid woorde wat bly klou in my kop
soos snotneusiekindertjies op 'n winkelstoep
niemand het hul nader geroep
hul is maar net hier
en speel om my voet

Sunday, June 22, 2008

DIE REIS VAN STRYD IS AMPER OOR

so sing Sarah Brightman

Jy kan die video op YOUTUBE gaan kyk


so ek se^ maar net eers hallo
woorde aan my kant gaan inderdaad eers min wees
want ek weet dat dit nou tyd geword het om my bek te hou
tot ek met A gepraat het wat met A gepraat moet word

dus

silence vi eers
stilte
gestolde
gewydheid
afwagting

ek soek net die regte geleentheid
weet nie hoe ek gaan begin nie
ma seke net met waarheid


dan op 'n dag sal ek vir jou 'n e-pos kan stuur
wat met nog 'n Sarah titel sal begin
genaamd:

MY WAR IS OVER NOW


verder gaan dit ok
bly jy het jou tuin uitstappie so baie geniet
was dit soos die tuin van goed en kwaad?
kon jy adam en eva daar picture
en GOD waat teen aandskemer
daar wandel ?
hoop so


ps
my vingers wil net oor hierdie keybord wals
tik is mos vir my soos klavierspeel
die note bars uit my kop
ek kan weer baie praat
en weer
in die woud van woorde gaan verdwaal
gaan skuil in donkerte van eie getekende beelde
maar ek gaan nie
ek gaan in stilte uitbars
sodat EK na vore kan kom
en die ewige woorde stil kan word
dan sal die wat nie
baie te se^ het nie
verstaan

but who the fuck cares in any case
of iemand verstaan of nie

sorry

PADKOS VAN BABETTE

Babette sou gekook het
hoe haar voorbereiding sou wees
vir die groep wat in stilte bymekaar gaan kom
om die lewe
soos ons dit ken
vir oulaas saam te eet

ek wens ek kon vandag die movie sit en kyk
en heling
hulp selfs
vind
in die beweging en flyt van haar hande
asof daar uit die ritueel van die voorbereiding
geregte vir heling opgedis sou kon word
ek hoor potte rinkel
eiers in bakke breek
koppies in afmeting sag sug
alles word opgeklits
tot 'n eklektiese mengsel van proe en genot
prut en pot

maar eenkant brand die vuurherd
skerp en helder
byna te warm
en die gemesde vark
en kwartels le
kop af
gestroop van lewe

gereed om offer te wees

Saturday, June 21, 2008

STERRETJIES KOMPAS

...aand le oop soos 'n sterretjieskombuis
van heksie
en loer met groot oe na my
ek gaan haar tegemoedstap
en iewers op haar ritme dans

i just know it
i am going to blend in with this night
and become part of her rhytm Divine


ek kan reeds die tromme veraf hoor raffel

Friday, June 20, 2008

VERDWAAL

ek het tog weer skelmpies gaan dwaal na die blogwerf
en GESKRIK
die verhaal het skielik helderder as ooit voor my opgestaan
die progressie van 'n siel
'n wete
het my skielik vas in die oe gekyk
en jip
ek het vir my eie gedagtes geskrik

Thursday, June 19, 2008

DIS AL WAT DIE REIS OM VRA

daar mos so 'n liedjie ook
wat se^
die son san sal weer skyn
dit klink net so mooi soos
die daars 'n plek
wat Mathys van sing

dankie dat jy vra
en moenie besorg wees nie
eks HEEL ok
ek filosofeer maar net oor die
koebai se^ery
or like they say in your borrowed country
I only entertain the idea of it

ja in beginsel is ek ook reg
vir koebaai se^
ek sal enige een groet
wat my nie meer MY wil laat wees nie
maar groet soos in
'n hand vol pille drink
darem nie


jip mens verdien beter
maar vanoggend drop die penny vir my
my probleem is dat daar twee mense is wat lief is vir my
elkeen wil 'n lewe met my deel
A
R
hoe bevoorreg is dit ??
or else put
how crazy is that ??
probleem is net
dalk is ek nie reg vir my lewe deel met enige iemand
op hierdie stadium nie
dalk moet ek nou eers net my kliphuis by die see
met eie hande gaan bou
en vriende wyn voer onder bome van my keuse
uit borde van my keuse
met tafels gedek deur my hande
en laat hulle gaan haal word soos die in die Bybelverhaal
toe die prinse en konings en edele mannnie nie wou kom nie
is daar van die straat gaan haal
bring dus die engelreisigers soos jy
soos ek
die troebadoerspelers die digters die dromers
die wat hoop het
die wat vrooer nie welkom in my huis was nie
laat hulle almal kom
dat ons ook maar weer
deurmekaar so illusies kan sien

ja
die phd is klaar geskryf
oftewel amper amper
ek sal nog edit tot einde Julie
iewers voor OKT moet ek nog Amerika toe
San Francisco
vir die Promotor raads onderhoud
dan is dit seker ook klaar

are you going to San Francisco
then be sure
the wear some flowers in your hair ?

en wat se flowers sal ek nou in my hair dra ?


dus alta olta alterian
ek moet net slim genoeg bly om 'n oplossing te soek
ek is dit verskuldig aan my kinders en uit respek en deernis vir my vrou
liefde dalk ook
maar 'n anderster liefde
nie die een wat die lyf tevrede stel nie
how sad yes
maar myself kasty daaroor sal nie help nie
derhalwe hierdie reis

elk geval vandag
bel ek my vrou
ek moet laat werk
en maak verskoning daarvoor en lig haar in
sy verstaan maar is jammer
sou wou graag 'n romantiese ete vir my/ons kook vanaand
en eers wou ek moer skuldig voel
dalk tog die werk afspraak
kanseleer dink ek

maar skielik besef ek NEE
to late
ons twee (my en A) se tyd van romanties wees
het gekom en gegaan
daar was baie kere
wat ek gevoel het
(soos ek jou heel in die begin gese het)
sy skeep my en ons romanse af ten koste van vele ander
haar werk
die kinders
haar vroegopstaan, vroeg gaan slaap roetine
maar TOG
daar was ook genoeg romanse
real magic moments
ek is dankbaar vir alles
MAAR
die tyd het gekom en gegaan
sy weet dit ongelukkig nog net nie
and it kills me to know it
without voicing it to her
(jy sal seker wel goed weet hoe die broei van die alleengedagte:ek loop
in mens se keel voel
dit brand soos distels
dit rol soos klippe
dit skaaf soos lemme
but i have to bide my time
nie uit hidden agendas nie
uit respek vir ons
vir haar
vir ons lewe saam
vir die die kinders
moet ek my tyd so reg as moontlik kies

so ja die tyd is op
uitgeloop leeg
die uurglas le^ om
(gedonder)
selfs dalk aan skerwe gebreek

maar die sands of time
is nog altyd precious
dit kan versigtig tussen vingers
bymekaar geskraap word
en met die heiligheid wat dit verdien hanteer word
sodat dit slegs die uurglas is wat aan skerwe le^
en nie hele lewens nie


ek moet groet
het nog 'n afspraak
maar dankie vir als
en wees versekers
als is Aokay hier
pynvol
dik in die keel
wat de hel soek mens hier ja
maar okay
want vandag het ons nog eens die gift van lewe gekry

en een of ander tyd sal dit die lewe wees
wat ons siele dikteer
eintlik is dit al
want hul vra eintlik om niks meer as groei
en met elke tree van geluk
van pyn
van loop
van reis deur die lewe
is daar onafwendbaar groei

Wednesday, June 18, 2008

GOODBYE CRUEL WORLD

Hallo

met elke vertellende email
voel dit my of ons koffie/tee
saam met jou drink
in die lady, die queen se parlour
ons vladder soos vliegies teen die muur
sy weet nie van ons nie
maar ons sien als

die lewe en doodgaan
laaste koebaai se^ storie
al vat dit ook weke, maande, jarre, leeftye!!!

my lewe hier speel op ander note
as jou operette daar
vir beide is die gordyn egter gelig
en die show must go on
en is aan die gang
trane of nie trane nie
lus vir weghol of nie
jy verdien punte vir uithouvermoe
en jou bobotie laat my honger voel
dit reen koudkoud vandag weer in afrika
ek sit met vekluimde hande voor die heatehr en tik
die see is al vol maar die hemel wil nie ophou huil nie
dit wemel van haar trane
dit stort oor berge en spoel paaie toe
plakkerhutte dryf straataf
mense veg om vel en vlees aan mekaar te hou
hul operette het weer ander swaarder note
as ons sin
meer barriton agtig
onheilspellend

elk geval

eks nog steeds uitgeskryf aan die blog
maar ek lieg
eks eintlik meer bang as enige iets anders
om my voet in daardie buurt van erkentenisse te sit
waarheid sluip soos donkerte op 'n mens af
of oorval dit jou dalk eerders soos 'n te vinnig sonsopkoms?
(waarheid is mos veronderstel om lig te wees)

o
alta olta alterian
ek weet nie hoe lank ek nog so kan aangaan nie
ek sit styf in 'n hoekie gedruk deur die lewe
en ek weier om dit so in te sien
maar ek weet iewers
ek kan my gat nie draai nie
daars geen weghol kans meer nie
eks vas
my slimmigheid is moertoe
my akademies wegdebateerbaarheid is gecorner
eks opgedink en leeggetap

dalk is ek amper bereid
om koebaai te se^
vir almal
ja se^ maar almal want daar gaan min oorbly
na die aankondiging

maar se moer
vir wat moet ek aankondig!!!!
en wat moet ek aankondig??
en ir wie ?
nee fokkof eerder !!!!
laat ek slaap met wie ek wil en los my uit
laat ek wakker wees met wie en wanneer ek wil
en neuk weg wereld
wat het dit met jul uit te waai
druk jul neuse elders in

o moer
eks vervelig
'n ander woord is seker gutloos
spineloos
die vrou het in 'n storieboek vir haar useless man gese^
wees tog net mans genoeg om om godsnaam vir my te se^ jy wil my skei

maar JY weet hoe erg dit is om die woorde
bymekaar te skraap en uit jou keel te spoeg

help
of los my uit
maak ook nie saak nie


gewoonlik beplan ek goed en ver vooruit
maak so en doen sus
maar nou ?
ek weet nie ?
nou die dag nog dink ons aan huiskoop in greenways
nou sit ek groen om die kiewe
(en sy weet nog niks
beplan aan baaiskostuums vir Mauritius
shit!!!
sys nie oppvlakkig nie
dis ek
wat lewens so moertoe stuur

Ek moet seker dink aan huis vir myself
groot genoeg om kinders in te ontvang vir naweke
dalk 'n drie slaapkamer moderne woonstel wat oor die see uitkyk
lig en lewe
warm kleure
'n nuwe veilig hawe na Hirosjima
naby aan debeersweg maar ver genoeg

koebaai
susters
koebaai swaers
voertsek kleinte
baai oppervlakkige vriende
baai image wat die wereld van my gehad het
koebaai skoonma
tannie
oom
nefies
niggies
god be with u all
Ef julle almal

ek moet pad vat
en oor hope verdriet
kaalvoet soos oor dorings hol
distels en brandnetels sal my skoene wees
maar pad sal ek pad moet vat
my lyf het klaar gekies
hyt soos 'n donkie viervoetgaanvassteek
enough is enough
het hy geskreeu
jy kan jou brein fool so lank jy wil
die stupid kan val vir ydel useless woorde
so lank hy wil
maar ek
lyf lekkerkryplek
eerlike taktlose vertolker van wat reg en verkeerd VOEL
werk nie meer aan die halwe waarheid nie!!!


koebaai dus
ma
gelukkig
het ek jou klaar gegroet
en
"goodbye cruel world"
(ontleen aan Pink Floyyd)(another Brick in the wall)
("i am leaving you today")


in elk geval World

jy is ook maar net cruel omdat ek/ons jou laat cruel wees
oor 'n jaar van nou
lyk jy dalk anners

Tuesday, June 17, 2008

NA DIE VERTREK

hulle het
die gordyne dig getrek
in die huis van eet
die knop in die keel
was te swaar,
gestol soos lood
hul is gevoed
deur hartseer en leed
die swaar gedekte tafels
in lanfer en linne
het net so bly staan;
blomme het tot stof verwelk
room het tot verganklikheid gedrup
aarbeie het in bloed gesmelt
en ten skemer het die son
aleen en traag
van bord tot bord gedwaal
lang skadus het somber prente
teen die mure geteken
die huis van dood
die banket van lewe
was swaar en swanger aan gestolde stilte


Hi Alta
ek teken sommer vir jou bostaande prentjie
omdat jou begrafnisvertellings my daaraan laat dink
maar dit ego ook iewers die swart galgordyn in my gemoed

weet nie regtig hoe dit met jou gaan nie
lees so af en toe van die depro tussen die lyne
hier by my drup gal ook soms in kele af

dis drink aan die bitter pil van die lewe
(wat soms 'n beker van vreugde is en soms
'n beker wat liefs verby kan gaan)
maar drink moet ons drink
om die dors aan lewe te probeer les

hier by my
is die aankondiging
wat my lewe finaal op sy kop gaan laat staan
naby
die woorde kort
waar die waarheid en dringendheid daarvan
druk in my keel
but you know what
i cant help it anymore
my soul het my gehijack
en weier om bes te gee
ek is 'n pion in sy kloue

eks bang
maar ek weet ek moet
ek is bang vir die seer
die stukkend gooi
die skerwe
die finaliteit
ek wens die beker was nie MY beker nie

maar HY is
die beker is EK
MY LEWE
MY LOT
MY TAAK om te drink
die gal en pyn mengsel daarin
MOET geledig word

maar moet kort moed

tog glo ek
ek is nou dapper genoeg
desolated genoeg
lonely genoeg
dood genoeg
beangs genoeg
verlore genoeg
bevrees genoeg
moedeloos genoeg
om te weet
ek moet


maar vrees nie
eks okey
ons wat sterk genoeg lyk
vir die lewe om sulke bekers te bedink
sal ook die krag kry om ons lippe om sy rand te kry


eks klaar en moeg gedwaal
in die land van woorde
van beelde
van nuanses
van suggesties
van hoop
van wonder
van probeer verwoord
van probeer teken
van probeer simboliseer
van pogings aanwend
van probeer verduidelik
van probeer laat verstaan
van self probeer verstaan

ek is moeg gekeer
aan wat ek is
moeg
gevrees vir wat ek is
moeg gehardloop
om voor myself te probeer bly


daarom
hendsop ek nou
my hande is in die lug
my polse is wit na bo gekeer
hier is ek
ellende
hier lewe
hier hoop
hier verdomde eerlikheid
hier
lot
maak met my wat jul wil


iewers sal ek kyk wat gebeur
met nog 'n laatste bici hoop
maar nie te veel verwagting nie



more skryf ek my in by die gym
ek het my kayak blink gevryf vandag
drafskoene uitgegrawe
want ek kan ten minste
my lyf weer laat werk
die res
sal soos my soul
maar agterna gedragg moet word

groete
uit afrika
waar dinge aan die verander is


jouwoordvriend
watbinnekortwoordeloossalwees
maarvrygenoegomsyhandeerlikaanlewetewaag


e

Monday, June 16, 2008

JOU REIS BEGIN SOOS BABETTE SE FEES TE RAAK

jy het seker daai een gesien
indien nie
moet jy dit nou soek en kyk
want jou reisverhaal
begin nou soos daai fees van Babbette te wees
die lewe word beskryf en deurleef
aan die hand van die maak van Babbette se feesmaal
dis 'n beautiful movie
amper net so meevoerende soos jou eeie vrhaal wat jy aan die vertel is
dis tyd vir jou eie blog, dink ek
ons noem dit
olta'sfeast of so iets
ek moet jou help daarmee
en dan blog jy self verder
wat dink jy ?
ons moet hierdie vertellings van jou daarop kry
want ek sien hoe jy dwardeurs harte en liefdesverhale
en vervloee oorloe kook
en ek lees hoe jy nuwe stryde wen
met jou varkbeeslamsboudgamonwatdehelookalkersiemeessterstuk
en ek ruik jou veldslae wen
ja so tussen Olta wees en dan weer Olga
en soms Elta en Else en wat de hel nog
maar meestal is dit onse Alta
wat aan die kook is
wat die knoop deurhak
met haar kookKUNS
lewenskuns
so okei ?
hoop jy het nog al die goed in jou send box
kom jong
laat ons gaan plak op die blogs vir die nageslag
wie weet waarheen gaan hierdie vertellings met ons

Dankie vir jou mooi verjaarsdagboodskap en wense
als word special waardeer
ek het meer as gewoonlik under cover gegaan met my verjaarsdag
selfs weg van my eie reis
en emosies
ek het iets so mandane gaan doen soos om saam met my kinders hul kamers te re arrange en nuwe prente te plak
en meubles rond te skuif
dit was een van my beste verjaarsdae ooit!!!

my eie reis
het dus gestol
vir 'n paar uur
ek het die halfwegstasie aangedoen
en nie R200 ingvorder toe ek by "Begin" verby gegaan het nie

ek het my fone afgesit
en smse geboikot
en net gebask in the light of
the wellwishes van 'n
few real
friends like you and a few others

dit was goed genoeg vir my
dit was my bal
my trompetgeskal
my fees


daar sal nog groter feeste volg
ek is okey daarmee

dus wou ek net gou kom hallo se^
voor jy dink ek het verdwyn

hoop jy gaan 'n nice week he



groete

e

Sunday, June 15, 2008

REIS VANUIT GOOD

NEE
jy sal my nie maklik skok nie
want jy reis vanuit "good'
nie evil nie
net evil goed skok my

jy kan maar gerus verwag dat God vir jou iets sal doen
Hy is soos die asem in ons
dis net daar
die op en af beweeg van ons borskas
ons dink nie eers aldag daaraan nie
maar dit werk
God is so
of ons aan hom dink of nie
vir Hom vra of nie
hy beweeg rustig op en af in ons soul se borskas
Hy het nie nodig dat ons eers met hom praat nie
hy doesnt care really
Hy is ons
en Hy kan nie homself van homself disconnetc nie
dis dei eweige stupid evangelies
wat ons die leuen laat glo het
dat ons alewig iets moet doen
om sy aandag
goodwil
liefde te verdien
bull
issi so nie


dink daaraan as die see
die oseaan
al die waters is een
of soos 'n emmer water for that matter
jy goo 'n koppie water daarin
dit meng
als word een
wat is nou koppie water en wat emmer water
so is God in ons
dis wat beteken
geskape in sy gelykenis
ons is EEN dammit
God play through us
God exist through us
God vibrate through us
God LIVE trough us
is ALL connect
call it New Age garbage
ma gaan lees ma julle Bybel REG evangeliste en jul eie Woord
sal jul skok met sy totale NEW age benadering
wat jul net gekies het om mis te lees
omdat jul liewer
die man I pulasie raak gelees en gesien het
en gedink het ah ah we can controll people
ma menere
the Bible
all ancient text
is not about control
it is about setting free

vlieg in jou lugballon
and be at play with God

have a glorious day

Saturday, June 14, 2008

G(R)AY

Gray
was like a Ray
of sunlight;
a hidden sun
which peared through clouds
it shone straight
into my eyes
and
illuninated
I loved
differently
from then on
"Gray
I asked;
Am I Gay
or are u just a twisted Ray
that make me think
that way ?"

Friday, June 13, 2008

GRAHAM - JOURNEY to a unique Friendship


Hier volg dus die storie van Gray:

I spent many hours in the garden of the OU Hoofgebou contemplating my future. I loved campus, everything was so beautiful to me and I could walk for hours from one end of campus to the other. The beautiful white buildings were inspiring to me, the gardens green and lush and there was a wonderful serenity among the place. With the towering blue mountains as a perfect backdrop.
But as I said, one of my favourite places was the historic garden of the old main building. I sat under a huge oak tree to coverse with my inner self or to plan for the future. There were many things to think about…
Youth, my future, life, the beauty of it, love…
…and the sadness of soon having to say goodbye to my roommate.
His name was Graham and I just came to love him so much. At the time I did not experience my love for him as being gay. We actually made a great deal about our David and Jonathan love for each other. He frequently used to tell my”Don’t you forget about me”. I pretended differently, but I was pained and grieve striken the day we finally left ress. and moved in with different sets of friends. My heart was truly broken and I suffered an intense longing for Graham for months. I simply loved him so.
We never indulge into any thing physical, at the most I remember a hugg or two. But in retrospect, I know there was sex involved, at least for me.
I just loved to masturbate, while I could hear Graham doing the same in his bed. After his climac he had this wonderfull sigh and I remember listening carefully for that wonderful sound of complete satisfaction to softly and gently filled our room. I vivedly remember one Monday morning waking up to his groans of sexual pleasure as he was masterbating. He gott up and went to shower. I prentended to be asleep, but as soon as he left the room I searched under his bed and found a hankercief soaked with his still warm semen. The smell of it was wondefully sweet and warm to me and somehow I just longed to be covered in that smell from head to tow. Up to this day it has been imprinted in my mind and I can simply close my eyes and call it forth. I have that handkerchief to this very day. Sometime I still bring it to my face to rember his smell- maybe it it is my imagination, but I still recognise his smell in that piece of brown cloth.

Call it ignorance, call it innocence, but I never once thought I was sexually attracted to Graham. I just knew I love him and that included his beautiful wel toned body and his warm, unique smell. He was such a kind and caring person. Maybe he was the brother I never had, or simply the embodiement of a gifted and enlightent humanspirit, but Graham crept into my heart to fill a special place and never to leave.
Therefor when we finally moved out of our Room in Simonsberg, I kept that handkerchief as a reminder of the two years we shared a room together, a reminder also of all the soulful talks till long past midnight, the hours of fun or simply time spent together. The sharing, the understanding, the motivation, the caring, the love. Don’t you forget about me. I never did nor can I.
I still have that handkerchief. I remember how his wonderful smell was part of it for years. Many a time I opened it and closed my eyes to be overwelmed by memories.
No the smell has faded, but the memories will vividly last forever.
I just loved him so.
I wrote many poems in those days, my friends thought they were all inspired by my love for a girl called Nina. They were not, that’s what I told everybody though, including myself. Mostly my poems were visions of myself or Graham making love to girlfriends while together.

Imagination is deseptive and sometimes just a way of our subconscious to mask a deeper, but more painfull feeling or awereness.

Thursday, June 12, 2008

Dis juis dit - die REIS na Nerens, die BESTEMMING Sonder Label !


hemel ernstig ERIEK
JYS TE BEDEELD MET WOORDE
HET EK AL VI JOU GESe JYS MET TJAP GESTUUR SONDER KOOLPAPIER
JOU GORRELWEB HET MY AAN KEEL
VI MY HET SOVEEL AL GESe
HOU OP TOB,EN DAN WEET HUL NI DIE HELFTE VAN MY TOP
MAAR JY!
ONS IS ONSE GROOTSTE VYANDE
TE VEEL VI EEN LYF
EEN LEWE
EEN LEWENSMAAT
ONS SAL VAN ONS EIE GIF HIRI LEWE VERLAAT
JYS DIEP SIEL
JY KANI STRAIGHT MET DAI TALENT
EN EK DINK DAAR MOET ANDER ETIKET VIR JOU HALS WEES AS GAY

SO GOI DIT VAN JOU AF
EK SE WEER
JYS GE CREATE
NI VERNIEL TOT HIRI STAAT


dus antwoord EK:

Dit is juis die storie:

Dalk presies die rede vir die innerlike reis

Jy som dit goed op:

Watter label hang ons om die nek ?

Want die samelewing soek inderdaad ‘n label om die nek

Ekself soek ‘n label om die nek

Om grip op myself te kry

Want ook ek is nie tevrede met die labels van

Gay

Bi

Ontroue eggenoot nie

Niks fit nie

Als veroorsaak havoc in my gemoed

True friendshup beyond the ordinary ?

Iets soos in Brokeback Mountain ?

Dalk ook nie

Hoe het die Antieke Grieke en Romeine anders hiermee omgegaan as ons ?

Wat het ons samelewing verloor ?

Wat het Calvyn, NG, NP KULTUUR & kie aan ons gedoen

Watter deel van my SIEL het hul uitgesny

Dalk die deel

wat my soos van Gogh: afoor

en ongehoor laat voel

Soms wil ek moed opgee met hierdie

worstelling van woorde

Pogings in kuberplastiek

om deur die verlatenheid van my eie siel te reis

Soms weet ek beslis,

maak nie saak hoe hoe goed of poeties ek dit probeer verwoord:

Ek sal NOOIT die landskap van my siel kan beskryf nie.

Dus staan ek grootoog voor die kaartjiekantoor

Ek moet ‘n kaartjie koop meneer

maar ek ken nie die bestemming se naam nie

Ek wil na terselfdertyd na Europa en Afrika reis

Ek is Afrikaan en Europeer tegelyk

Ewe lief vir son en sneeu

Wie kan met so iets help ?

Waar kry jy so ‘n bestemming ?

Waar het dit alles begin ?

Dalk by Gray my kamermaat

Ons het saam na die stad van geleerdheid gegaan

Verby die berg van Piekenierskloofpas

Verby die rondeberg van Parow

En ek het Gray soos David vir Jonathan liefgekry

en dit was nie ‘n maklike liefde nie..
...net die begin van 'n nuwe, onrustige wete.

Wednesday, June 11, 2008

JOU REIS VERVOLG - Windermere na Tetbury


“OLTA,I HAD AN XTRODNARY DAY”

MY TREINREIS VAN WINDEMERE NA TETBURY[KYK ASB OP KAART DAN SAL JUL VERSTAAN]
WAS EEN AANVAL VAN VALLENDE SIEKTE
VAL OP EN AF VAN TREINE
NA JJ SY TANTE BESKERMEND GROET,EN ONS 2 WEERLOOS WANT ONS HET NET MEKAAR, VAL EK OP TREIN MET NUWE BAGASIE
GROOT TAS/MEDIUM SAK\EN RUGSAK
MY EERSTE RIT IS 20MINUTE VOOR EK AFVAL EN WAG 1UUR VOOR INVAL
MET 2DE OPKLIM SKUIF EK MY REG VIR SKOOTKNAAP EN DAARS DIT! LEEG EN EK WEET HIRI LOVE HURTS GA MY BREEK
EK HAAL DIEP ASEM,PRAAT MET MY HORMONE,MAAK KISSIE TOE EN BEKYK LANDSKAP
DIE DEEL VAN RIT IS 2 URE EN EK XPLORE DIE TREIN SE LOO EN KROEG
ONTMOET CHINESE EN PRAAT SO DAT EK WEER MOET AFVAL
VERSTAAN MOI,DI TREIN WAG NIE!
EN TOE IS DAAR BOLLIE
VOLGENDE TREIN VERTREK BINNE 10MINUTE,EK MOET VAN PLETFOMS VERANDER,EN EK HET NI CLUE NI
EK SOEK NET LIFTS,SKREE IN ENGELS HELP
NOU VANDAG.MADAM SE BROER,OORLOGVETERAAN EN HIERS BAIE VAN HULLE,ALMAL WAT NIE OMGEKOM HET IN OORLOG LEEF NOU NOG EN DIS FEIT,NIE GRAP,KOM VIR ETE

EK BLY STEIER
DIE HUIS VOL STEIERCASE,HIRI KEER TRAPPE EN OUMENSE WAT STEIER
STEL JUL VOOR,90,ALMAL STEIER!

EN EK KOOK!
EN SY INTERFERE
EN EK STUUR HAAR HEMEL TOE EN EK KOM BID WANT MY GEDULD IS OP
EK VOEL TRANE EN EK DINK TOT HIER TOE

STEIER DI STAIRCASE AF,EN EK VIND HAAR IN TRANE
AG EN LANG STORIE.PAAR OPROEPE,RAAD EN DAAD VAN MY WAT EK NIE WEET WAAR EK KRY NIE,EN SY VRA PLEASE!

EN HELENE,MY VRIENDIN BEL EN SY IS OPPAD
EN JULLE,SUID-AFRIKA BARS LOS IN HIRI ENGELSE KOMBUIS
HELENE KOOK
VEE HAAR AGTERENT AAN LADY AF
EK DEK TAFEL
BROER KOM,ONS OPE BOTTEL FRANSE WYN EN DIT KOOK!

EN TOE
MY GROOTMOND,BIED AAN,ONS SAL NOU HOSPITAAL TOE
EN ONS VAT DIE PAD EN TANI VAN 90 BESTUUR! ONS MAG NIE EN BOETA ,SY RY
HELENE SE HAND KRUIP VAN AGTER OOR MY SKOUER
EK IS DIK VAN LAG EN MY BLAAS IS DIK VAN...
EN DIS IETS SOOS SOME SPEED SOME POO SOME GONNA PASS OUT
EN DAN TWYFEL SY WANT KANI LEKA DIE PAD ONTHOU
MAAR ONS HAAL DIE HOSPITAAL

EN TOE ONTMOET ONS DIE MEES OULIKSTE MAN
EN EK WEET HOEKOM WAS HY AMBASSADEUR
HELDER SKERP POSITIEF
EN OORLOG GEWEN
TERUG,IS MADAM MOEG EN SY GEE DIE WIEL VIR MY EN EK RY! DIT SOUS,DONDERWEER MAAR EK KOM VAN KAAP EN EK RY
ONS GESELS DIK STUKKE EN HELENE EN EK IS AMBASODORA'S
BY HUIS PASS MADAM NA GIN&TONIC IN STOEL UIT
EK EN HELENE KUIER
SY HELP MY MET DRAADLOSE BEDRADING EN EK TRUG OP LUG EN EK VOER JUL WEER MET MY EIDELOSE MYLE

EK GEE HAAR SOP
SY MAAK MY SIT EN SE^

OLTA,I HAD AN XTRODNARY DAY

Tuesday, June 10, 2008

Tussen TREINE, Tussen STASIES


Tussen Treine

Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis hul eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Nou vra ek waar het alles begin
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook die yster
Die lig wat in die verte blink

Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja, daar was voorheen 'n tyd van treine
Waar en waneer het ons dit verloor

Tussen treine, tussen stasies...

Elke keer was dit 'n afskeid
Maar elke keer weer 'n begin
'n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim

Miskien het ek verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan
Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
As spieëls verbrokkel voor die maan

Tussen treine, tussen stasies...

(c) Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock

Monday, June 9, 2008

SPIEELS IN 'n VERTREKSAAL






In hom liefhe kom daar spieels voor my op
Dit word na die wit mure om my projekteer
Hy slaap vas
Uitegrol uit my arms en ek le eenkant en diepdink
Ek kyk na die tafereel wat voor my teen die mure dans
En ek weet dit gaan oor meer as net ons:
Daar is ander wat ook liefgehe word
En saam met hulle kom daar ‘n aanvaarde wereld
En ek sien teen die skrif aan die muur
Dat ek hom nie liefgenoeg het
Om so baie van my ander wereld watookekis
In te ruil en weg te gooi
Vir hierdie matelose belonging van in sy arms le nie
"Daar kom tye
Oomblikke eerder
Wat ek so een met jou is
Dat ons soos een soulritmeklankvibrasievuurgloedvlam voel
Asof niks my daarvan wegkan skeur
En my hele lewe doelloos daarsonder sou wees..."
Maar selfs dit
Is nie genoeg om my helewereldin’ntas
Vir jou
In die see te werp nie
Want ek weet verseker soos in
daai movie
"The Piano"
klou daar ook ‘n tou verbind met die tas
aan my enkel vas

Sunday, June 8, 2008

BOEKVERTOEF


Ek het na hierdie aarde gekom
Om verhale en gedigte
Stories en fragmente
Op stukkies papier
In boeke en in blaai
In tydskrifte en laaie
In bundels en bondels
Te versamel
Fotos en brosjures
advertensies en artikels
koerantknipsels en mooivirmyverdigsels
Ook eie skeppinge:
Eers was daar nederige eie kinderpogings
Kietsikatsivanlobatsie rymelary
Maar tussen deur het my soul
Romanties en liries opgestaan
Om aan die wereld
maar bowenal myself
in woorde en knipsel
uit te wys:
ekseffeanners
Nou publiseer ek op die
worldwideweb
skryf op facebook
en blog in myjournal in joomla taal
Ek weet nie of een mens dit ooit sal lees
maar die skrywer in my can't care
Ek weet ook soos my boodskap
soos die Voayer sateliet die heelal ingaan
die kanse goed is dat die net
van die worldwideweb
al nouer
om my trek:
eendagiseendag dat iemand
my gesig
by my woorde gaan sit.
Nes van Gogh sal ek dan staan
Afoor en naak
Grotesk gekend
Onwaardeerde geskenk
Onverkoop en
Uitverkoop
Nie verstaan
Te vroeg vir my generasie
En te laat vir die wat na my kom
Wat moontlik van beter sal weet
(maar ten minste het ek die troos;
ek het ten minste my gedagtes en vertwyfeling
iewers in ‘n kuberdoos
gebere
met die hoop
vir nog sulkes soos ek
na my of nou
dat hul iewers dotjies en dot.coms sal connect
en so ons conscious cosmic intellek
en oordeel van die wereld
sal verbeter)

Saturday, June 7, 2008

BOME weerkaatsing in Treinruite


Die bome staan buite
Hul dans weerkaats in die treinruite
Somerson
Kersfeesneeu
Herfs
Dwarrel
dooie Blare warrel
Stofstorm
Oe toe
Laag buig
Rukwinde
Nederig
Dog verhewe
Stoflik
Dog onsterflik
Van klein
bonsai dwerge
tot dennewoudreuse
Altyd skadu
en sambreel
Rusvertoefversterkplek
Vir die siel

Friday, June 6, 2008

PERON 2 - 'n Heelal in 'n eenslaapkamerwoonstel

Ek het ook by ‘n Peron gekom
Peron 2, dink ek,
Waar niemand anders was nie
Daar was net plek vir myself
Dit was eenslaapkamervertrek klein
maar ruim soos die heelal
Elke droom en gedagte
het nog ‘n kamer oopgesluit
iewers het ‘ns tem oor in interkom
soos telepatie, ‘n innervoice na my aangesweef
droom en dink en verbeel soveel jy wil
elke keer as dit opsring in jou kop
manifesteer dit hier regop
(ek het toe twee keer oor elke gedagte begin dink)
Daar was:
Lee lokale
aankoms en vertrek sale
ook vir bal en banket
Ruim en groot
soos dans en musieksale
Ook klaskamers en terapiesale
Plekke vir lering en aanbidding
Navorsingkanale en satelietontvangs
Auditoriums met bach, en Dion en
Nuut soos rapp
Oud soos abba en die beatles
Maar die klank was orals net so goed soos Sydney se skulpvertrek
Daar was restaurante met kers en skadukelners
Die beste kaapse wyne:
Rooi soos haar heuwels in herfs
Blank soos haar witstrande in somer
Daar was biblioteke met kaggelvure
Kombuise tussen ‘n plaas en toetskombuis
Enige iets wat die verbeelding aan kon dink
kon gekook word
Stowe
Potte panne porselein
Min maar als wat nodig was
Elke stukkie handgekies net reg opgedroom
Daar was ook slaapkamers met kerse
en spiels en dik winterwitwolkomberse
Antrasietstofies wat regte vlamme gooi
en een met lywe in liefde dans

Daar was bad en spa vertrekke
met saunastoom en droomgedagtes
kerslig en skuimaroms
sagte musiek en oosterse mistiek

en dan was daar die balkonne:
elke keer wat jy die luike oopswaai
lyk die groen bome onder anders
dan dans en wieg dit in die reen
dan swaai dit op ritmes in die wind
of staan soms net stil en gewyd en dink in die son
die wind hul ma kom in sagte streel
hul kuiwe vryf
hul lyk soos rebelse tieners
en dan weer gryswys oumensies
hul tyd is nie ons tyd nie
hul ore oor nie wat ons hoor nie

en die golwe groen gras voor my peron
was eindelose
dit het aangerol van heuwel tot heuwel
versteek tussen huis en huis
dit het aangegroei van oor die sagte groen rante van Ierland
dis volgemaak uit die mere van skotland
en het diep gedrink aan immergroen woude
waar rooikappie woon
daar was kranse soos Dover
en berge blou soos net in afrika
en dan uiteindelik wondervanallewonders
was daar ons moeder
die see
hoeveel uur het ek langs haar kus gestap
hoeveel gedagtes het daar na my gekom
al was daar nie elke keer antwoorde op al my vrae aan haar nie
was daar elke keer belonging

en soggens staan ek na ‘n diepslaap
weetniewanneerlaassolekker
op en maak my koffie
en swaai my balkonluike oop
om te kies wat ek sien
‘n antieke plein oor Madrid
‘n Grag oor Venesie
‘n kanaal en dyk in Amsterdam
die Swinks of ‘n woestyn
‘n eilandtuin of palms in ‘n bries
ek kan kies
to my hearts content
want vandag het die wereld
die wonder gebeur
die god in my wat self kan skep
het my togelaat om
te droom en te leef net wat ek wil
en die Opperheerdieatoomfasiliteerdergees
het gegeglimlag en gesien
dat dit goed was


Tog kom daar ‘n tyd
om ook die luukse van sulke ruimtes
te verlaat wat net aan jouself en jou droombeelde behoort
want al is ‘n besoek aan so ‘n Peron
behaaglik soos ‘n warmwintersbad
is dit slegs tussen ander mense
geeste, souls, reisigers, vreemdeling, vriende
wat die wereld werklik ervaring word
Dus het ek een sondagmiddag om vier my tasse gepak
en die Peron van selfindulgence dromegedagtesverryking verlaat
en gaan staan en wag vir my trein om my op te laai
Toe ek oor die beton aanstap
hoor ek hoe alleenego my voetstap oor die vloer
en hoe eensaam die regop lampe skyn
ek was bly ek het my trein
reeds hoor aankom om die draai.

Thursday, June 5, 2008

EILAND BESTEMMINGS


Ons reis nie net in treine nie
Ons roei ook oor riviere;
Ongekaart en ongeken
Elk in sy eie songeelkayak
Dit was nog altyd ons droom om so
bruin en gesprierd die oseane van die wereld te bevaar
Aangevuur met eie krag en spier
Ek kyk oor my skouer na hom
in die sproei van wit branders
Daar bars ‘n vreugde uit sy nate
en kielie in dun soutstraaltjies tussen sy blaaie af
Die eiland wat ons aandoen is pasgeskep verlate net vir ons bedoel
Ons le^ in die son
naak en ongeraak
deur die eise van ‘n wereld
en keuses leeftye vroeer gemaak
“Ek het jou so opgedink
eendag op ‘n rots by Bettysbaai"
se^ ek:
My lover, my friend
Met eenderse DNAtekens en geslagskode
Dus bestaan jy eintlik net in my droom
Al dink jy jy leef regtig”
“En ek het JOU gekies.."
vertel jy my weer
"..In die voorafleweplek het ons besluit
om mekaar weer hier op aarde te kom ontdek
Dus weet maar net
Dis ek! wat die shape van jou tong gekies het om
so louwarm soos heuning
In my nek te kom afdrup”

Ons maak natuurlik weer liefde
in die son en op die sand
Ons bote eenkant, soos getroue honde wat wag
spane uitgestrek soos ons lywe
gereed vir die volgende span van spier en skouer
as spane vlerke word wat klief en sprei
en wit soos sproei oor die boe breek

Ons dag,
nee uur,
van afskeid kom ongenaakbaar nader
Die son begin te sak oor die kim
Ons klim in ons bote en roei
‘n donkerwordende horison
van afskeid tegemoed.

Wednesday, June 4, 2008

REISE vol SVNL


Ek reis toe voort
In my wereld van peron tot peron
En doen verbode werelde aan
waar ek eksplisiet aan vrugte eet:
Verbode en verbied
Ek eksperimenteer met beelde in my kop
en toets verskillende parallele uit
die een lewe waar ek
Eriek is
die ander *Erik
nog een Erik Graham of sommer net
EG
Daar was ook eenmaal Eriek Dean
En ook nog Erik De Waal Esterhuisen III
Elkeen het sy eie las en lanfer
Vreugde en verfrissings
Maar ek soek,
proe proe van peron tot peron
Aan die tongskyf wat naaste aan
my doel en droomtemplaat moet kom
Ek le^ naak in die arms
van mans en vrouens
en penetreer siele
met verskillende kuste
Ek ruik aan die geure van lywe
Soos mens van ‘n menu kies
En ervaar verskillende ekstases
en eenderse leeghede
Ek steier soms net betyds op wegholtreine op
Strompel van droomblok tot droomblok
Le^ nagte wakker in een uur
En dink ‘n leeftyd om in een dag
Ek skryf so tot op die vel
Droom en dink ook
Dat ek feitlik met geen mens hierdie geskrifte durf deel
Dis amper soos om metodes van opiumverslawing
in sondagskoolteksboeke te kodeer

So vlug gerus weg van hierdie woorde
sensitiewe slim leser
woorde waarvoor ek nooit die verantwoordelikheid of eer
sal wil of kan neem
ek weet net dit bars uit my vel en vingers uit
spoel oor hierdie swart en wit toetse
en baar hulself tot eksistensies op

Mens kan daarvan wegvlug
maar geen een
kan se^
dit was nie so nie:
ek le^ kaal in sy arms
dit voel meer reg as enige ander kaalle^ nog



SVNL volg (sensitiewe lesers beware!!!)
ons maak liefde
all the way
by mekaar ingebeur
bene oopgevou
ons soen mekaar met toe en oop oe
die treinwa vibreer tot ekstra ekstase
tussen ons
ons ry op mekaar se golwe
en spoel die een oor die ander se lyf
soos klotswater oor kabbelende klippe

Ons steek kaggels en kerse
en malse vure aan
Ons soen sonder ophou
en stook nog vlamme in herte aan:
We cant give a damn if the whole world
is set on fire,
Ignite:
Ons sal met vreugde vergaan in die verterende vuur
van hierdie verbode liefde

Ons vingers verdwaal in die woude van mekaar se lywe
ek gee nie om hoe eksplisiet
hierdie lied
van lywe word
ek moet dit toon
soos ‘n poskaart van ‘n wereld onbewoon
Onbewoon, omdat dit nie toelaatbaar is
om daar permanent voet aan wal te sit nie


Na die vloei van witstrome
le ons in mekaar se arms vervleg en toegespin
‘n enigste kokon teen ‘n wereld wat ons nie kon oorkom


Die kondukteur blaas die fluitjie
dis tyd vir afklim op die stasie,
ek ruk my los uit die omhelsing
en loop ‘n ander lewe tegemoed
een waarvoor ek meer kans sien
Ek het nog die moed
of dapperheid
om careeer en gesin te verruil
om alsverbeur in joune te bly


Tuesday, June 3, 2008

PERON 1 - Rio Grande

Dit begin alles onskuldig...
Ek kry jou in die Parys van Suid Amerika.
Ons deel ‘n geleende dubbelbed in Ricoletta.
En besoek Peron se graf
Ons drink galbitter ekspresso met sodawater
En le op die walle van die Rio Grande
Ons sit op Camenito se stoepe en drink swart bier
soos locals en dans ons eie Tango gesprek
Elke keer in die kamer terug
val ons klere vanself soos skille
Saans sit ons in die Tavernes van La Boca
en San Telmo
Drink rooi wyn glas vir glas
en laat ons deur kelners en soelweer lok
van vleisperon tot vleisperon:
Bruin gebraaide beeste versier elke eetplek
waar rooi en tradisioneel geklede kelners
in vreemde tale na binne wink
Maar ons verdwaal meestal in mekaar se oe
nn hardloop terug na ons hotel
om nog meer van mekaar te eet
Niks anders kan ons versadig nie
Ons praat en praat
Snert en intelek
Ons dwaal van straat tot straat in ‘n ou wereldse stad
Die Parys van ons hart
Ek verbeel my eks ‘n skilder en digter en jy
‘n stiervegter
Ons koop glaskristalkandelare van vergane herehuise
se gange en balsale
ons oe glinster ewe blink
ons blaai deur ou vergeelde tydskrifte waarin Evita pryk
jou reuk kleef aan my hande
as ek deur die jare vyftigs se boeke blaai
Ons sal ‘n hele leeftyd in hierdie stad kan verdwaal
kan wegkruip
kan vergeet
net leef
en liefhe^
maar
ons bly net ‘n week
vir oulaas ry ons deur die agbaan Avenida 9 de Julio
in ‘n geel en swart taxi
oppad na die lughawe
bedank ons albei beleefd die bestuurder
"Obrigado"-hys Portugees van Rio
Vir oulaas ry ons die pad na Avignido
In die lughawe se dutyfree winkels
Koop ons geskenke vir vrouens en kinders
Is dit werklik so afgryslik ?
Om mekaar so lief te he
Dat ons ook soms wil he ons lywe moet van tyd tot tyd
Aan mekaar behoort
Dit is
Dink ons
Geen vrou sal dit ook kan verstaan
Ons verwag ook niks anders nie
Ons vlieg in die vliegtuig
Bestemming:Kaapse Peron
Toe waardinne die ligte afsit
wyk ons butch houding en waardigheid
en kruip ons nader aan mekaar
Ongeerg kwansuis, in slaap skuins geval
en hou mekaar se hande vir oulaas
onder blou SAL komberse vas
Die lewe gaan voort
Van toe af, reis ons weer afsonderlik
na werk, gesin, kerk, bioskoop, bevordering, Phd, pa-wees en prestasie
Ons vermy mekaar omdat die onvermydelike
Vermydelik moet bly
Geen fotos
Geen aandenkings
Geen brosjures of weggeetekens nie
Dis net in ons kop
waar die herinneringe soos hemel wemel
Soms sluit ons ons oe
om weer die hardloop in strate vol skielike reen te sien
Die stap in vreemde woonbuurte
Die behoort aan mekaar in geleende kamers
Maar niks verder nie.
Vier jaar
gaan verby
En toe een aand
Klim ek oor van trein tot trein
En sien jou op die stasie staan
“Okay, let’s do dinner” se^ jy
(dit sal niemand seker seer maak nie)
(hoop ons beide)
“Let’s” beaam ek
En nou sit ek hier en kyk in jou oe
Terwyl die wereld buite wasig word
Vanuit die trein se skommelvenster
nog eens ry ons die kompartement
welwetend dat komponente
aparte moet bly
En nog ek nog jy
Weet hoegenaamd waarheen
Of die naam
van die volgende peron...


...gaan ons een een afklim
af albei verder ry?