Monday, June 2, 2008

MY REIS - Die Vertrek


en tog
EN TOG
is dit ons -
die sensitiewes
wat die drome en reise
soms self die drogbeelde moet opskryf
in ons gedigte en plakboeke
en op doeke
in kleur en geur moet oopvlam
weerloos gele
op skilderdoeke en in gedigteboeke
verewig in ons novelles
kort verhale en haikoesstamme
verflenterde verdwaalde strofes en stories
op gefrommelde stukkies papier
in laaie verdoesel
sodat die wat na ons kom KAN WEET
daar was al vantevores sulkes soos hul/ons
en daar sal weer wees
sal altyd wees solank daar lewe is
selfs met of sonder die planeet
so geniet jou reise
as jou lugballon en sambreel jou nie meer dra
mag ons woorde wieke word waarop jy verder kan vlieg
ek het in die begin gedink om ons gesprekke te save
sodat ons eendag weer daardeur kan lees
die poetiese gestoei met lewe liefde luste
maar ek het iewers langs die pad
daarteen besluit
(dis gewis 'n gemis vir die literere/siele erfenis van die mensdom)
maar so be it
want iewers
is ek nie lus om alewig in die spieel
van my/ons woorde vas te staar nie
die plooie/probleme/drome daarin
is soms te akuut
selfs vir sensitiewe siele om te verduur
en o ja
O JA
dis die sensitiewes wat die sterker siele is
want hul moet meer dra
meer verwerk
meer herkou
meer verduur
meer verloor
as die wat minder
sensitief deur die lewe gaan
ek het 'n afnaweek vir myself beding
sien half uit daarna
half ook ni
gaan alleen deur die landskap
van my siel reis
deels in jou flet deels oor ander planete
werelde ongekend en ongekaard
ek gaan alleen wees
die soul of the party in my eie party
die reen nog eenstrykdeur
druppels val op afrika se dak
en weerklink op die lanfer en sink van hierdie gebou
waarin ek sit
ek dank die hERE
dat daar van tyd tot tyd
'n medereisiger kom
vir wie ek hierdie hol woorde
kan aanstuur
in die hoop
om dalk sin uit die ego terug te kry
ek gebruik my T-tyd om aan jou te skryf
sit alleen in my kantoor
en reis saam met jou deur jou grysgroenland
beide die van jou geleende kontinent
en jou sielplaneet
welwetend dat
geen kaart of kontoer daarvoor bestaan
net soms verstom ek my
oor ons woorde wat soos vry water vloei
en oor die waterval van ons keyboards stroom
soms vrees ek
hierdie is 'n gesprek wat bloot in die kuberruimte
sal kan
groei
oorleef
geduld kan word
dalk is dit te verwyderd van die alledaagse
kos en
petrolprysplaneet
wat slegs aan inflasie en rentekoerse meet
'n ware E-gesprek aan Alta vista/ Alterian en visa versa
dus het ek steeds niks om te se^ nie
my wysheid broei hier binne
maar groei
dit glo ek nie
gebeur
ek bly voortmaal
anders as jy wat oorsee dit doen
in my eie agterplaas
maar ek weet ek moet visums aanvra
na iets anders
'n oorplasing kry
myself red van hierdie bestemming
waar ek nie myself kan wees nie
maar ag
MAAR ag
wie het ooit tog werklik die luukse van homself wees
daarom dat ek die naweek 'n kaartjie koop
'n pas
om net op my eie trein te ry
dat hy stoom tussen stasies soos van ouds
van peron tot peron
plek tot plek
wereld tot wereld
planeet vir planeet
tot daar waar later net woorde en drome woon
verby strak en grynse verby
ek sal meestal stagnant
vlieg van bestemming tot bestemming
en ek glo
nie teleurgesteld terugkom
ek stuur vir jou poskaarte soos ek gaan
die vraag is net
hoe ek gaan voel
as ek sondagmiddag
weer
op die perron van eie
agterplaas en
lewe aankom
sal die kleindorpbestaanvanmyeieingeperktesiel
nogaanvaarbaar wees
of nie
tyd
en plek
(perron) sal leer
ek gaan soos jy ook net
stapelvoedelsel eet
niks voed die siel
soos die koningskos van die eenvoudige
dus oatspap en melk vir my
soms verryk met bacon en kaas ingemeng
en ander keer met stroop en kaasenkonfyt
soetmelkkaasenkonfytkoningskosennektarvirdiesiel
droomkos vir die winter
ons het in werklikheid so min nodig
as ons deur drome en vrede en tevredenheid geklee is
["MY vrede laat ek julle na"
dit maak vir my baie meer sin as 'n kruisverhaal]
ek sluit af
soos die tipese ENGEE predikant van ouds met seen:
mag jy in awe en vrede verder reis
vriendin
jou oe is begenadig om so te sien
jou siel uitverkore
om dieper te ervaar
so be it then
let the journey of our souls continue
e uit 'nhondnatafrika

No comments: