Ons reis nie net in treine nie
Ons roei ook oor riviere;
Ons roei ook oor riviere;
Ongekaart en ongeken
Elk in sy eie songeelkayak
Dit was nog altyd ons droom om so
bruin en gesprierd die oseane van die wereld te bevaar
Aangevuur met eie krag en spier
Ek kyk oor my skouer na hom
in die sproei van wit branders
Daar bars ‘n vreugde uit sy nate
en kielie in dun soutstraaltjies tussen sy blaaie af
Die eiland wat ons aandoen is pasgeskep verlate net vir ons bedoel
Ons le^ in die son
naak en ongeraak
deur die eise van ‘n wereld
en keuses leeftye vroeer gemaak
“Ek het jou so opgedink
eendag op ‘n rots by Bettysbaai"
se^ ek:
se^ ek:
My lover, my friend
Met eenderse DNAtekens en geslagskode
Dus bestaan jy eintlik net in my droom
Al dink jy jy leef regtig”
“En ek het JOU gekies.."
vertel jy my weer
vertel jy my weer
"..In die voorafleweplek het ons besluit
om mekaar weer hier op aarde te kom ontdek
Dus weet maar net
Dis ek! wat die shape van jou tong gekies het om
so louwarm soos heuning
so louwarm soos heuning
In my nek te kom afdrup”
Ons maak natuurlik weer liefde
in die son en op die sand
Ons bote eenkant, soos getroue honde wat wag
spane uitgestrek soos ons lywe
gereed vir die volgende span van spier en skouer
as spane vlerke word wat klief en sprei
en wit soos sproei oor die boe breek
en wit soos sproei oor die boe breek
Ons dag,
nee uur,
van afskeid kom ongenaakbaar nader
Die son begin te sak oor die kim
Ons klim in ons bote en roei
‘n donkerwordende horison
van afskeid tegemoed.
van afskeid tegemoed.
No comments:
Post a Comment