Ek reis toe voort
In my wereld van peron tot peron
En doen verbode werelde aan
waar ek eksplisiet aan vrugte eet:
Verbode en verbied
Ek eksperimenteer met beelde in my kop
en toets verskillende parallele uit
die een lewe waar ek
Eriek is
die ander *Erik
nog een Erik Graham of sommer net
EG
Daar was ook eenmaal Eriek Dean
En ook nog Erik De Waal Esterhuisen III
Elkeen het sy eie las en lanfer
Vreugde en verfrissings
Maar ek soek,
proe proe van peron tot peron
Aan die tongskyf wat naaste aan
my doel en droomtemplaat moet kom
Ek le^ naak in die arms
van mans en vrouens
en penetreer siele
met verskillende kuste
Ek ruik aan die geure van lywe
Soos mens van ‘n menu kies
En ervaar verskillende ekstases
en eenderse leeghede
Ek steier soms net betyds op wegholtreine op
Strompel van droomblok tot droomblok
Le^ nagte wakker in een uur
En dink ‘n leeftyd om in een dag
Ek skryf so tot op die vel
Droom en dink ook
Dat ek feitlik met geen mens hierdie geskrifte durf deel
Dis amper soos om metodes van opiumverslawing
in sondagskoolteksboeke te kodeer
So vlug gerus weg van hierdie woorde
sensitiewe slim leser
woorde waarvoor ek nooit die verantwoordelikheid of eer
woorde waarvoor ek nooit die verantwoordelikheid of eer
sal wil of kan neem
ek weet net dit bars uit my vel en vingers uit
spoel oor hierdie swart en wit toetse
en baar hulself tot eksistensies op
Mens kan daarvan wegvlug
maar geen een
kan se^
dit was nie so nie:
ek le^ kaal in sy arms
dit voel meer reg as enige ander kaalle^ nog
SVNL volg (sensitiewe lesers beware!!!)
ons maak liefde
all the way
by mekaar ingebeur
bene oopgevou
ons soen mekaar met toe en oop oe
die treinwa vibreer tot ekstra ekstase
tussen ons
ons ry op mekaar se golwe
en spoel die een oor die ander se lyf
soos klotswater oor kabbelende klippe
Ons steek kaggels en kerse
en malse vure aan
Ons soen sonder ophou
en stook nog vlamme in herte aan:
We cant give a damn if the whole world
is set on fire,
Ignite:
Ons sal met vreugde vergaan in die verterende vuur
van hierdie verbode liefde
Ons vingers verdwaal in die woude van mekaar se lywe
ek gee nie om hoe eksplisiet
hierdie lied
van lywe word
ek moet dit toon
soos ‘n poskaart van ‘n wereld onbewoon
Onbewoon, omdat dit nie toelaatbaar is
om daar permanent voet aan wal te sit nie
Na die vloei van witstrome
le ons in mekaar se arms vervleg en toegespin
‘n enigste kokon teen ‘n wereld wat ons nie kon oorkom
Die kondukteur blaas die fluitjie
dis tyd vir afklim op die stasie,
ek ruk my los uit die omhelsing
en loop ‘n ander lewe tegemoed
een waarvoor ek meer kans sien
Ek het nog die moed
of dapperheid
om careeer en gesin te verruil
om alsverbeur in joune te bly
No comments:
Post a Comment