Sunday, June 1, 2008

JOU REIS - wolke oor winterwitberge


en daar is jy nou besig om jou reis voort te sit
in 'n groenland
wat soms grys gereen is
(ek is nie seker nie, ek vermoed maar net)
skootkerel en al
dis baie beter as 'n skoothondjie hoor
hier is ook nie juis veel nuus nie
nie eers aan die sielereis se kant nie
behalwe dat daar 'n sekere wete in my is
dat something got to give
o my hel
as ek net weet wat
daai ding moet wees
wat die give werk moet doen
ek
give al vir sewentien jaar
nee seker veel meer
wie ek nie werklik is nie
aan hierdie wereld nie
en dis 'n mooi cute gesiggie
wat nie 'n mooi gesig is nie
as jy sien die smash
wat dit van 'n siel kan maak
en tog
als is nie 'n ramp nie
soos in my een gedig genoem
('n ander een as die wat jy gesien het)
"ek het vele afkoop geskenke gekry"
Ja vele en wonderlike geskenke
maar se^ dit vir 'n siel wat op en af spring
ek praat sommer net in sirkels
whats new
maar die tyd van 'n middag is my vingers sommer net lus
om oor toetse te hardloop en te probeer
vertolk
wat hier binne my kolk
die wolk
wat een of ander tyd
moet breek
sal sy eie tyd kies
hopelik vergaan niemand in die vloed nie
Tante moet dan die rekenaarkerel geniet
slaan sy toetse en vryf sy cyberhare
en laat wonderlike dinge gebeur
ek wens ek kon skielik en vinnig antwoord vir alles kry
maar ek dink my geduld sal my nog verder moet dra
dit reen ook eenstrykdeurvandag hier in afrika
dis ook 'n gryskombers van wolke wat laag oor natkuiwe
van berge hang
ek moet eers waai
ons praat dan later weer
van skootknaap tot skootknaap

No comments: