Tuesday, June 3, 2008

PERON 1 - Rio Grande

Dit begin alles onskuldig...
Ek kry jou in die Parys van Suid Amerika.
Ons deel ‘n geleende dubbelbed in Ricoletta.
En besoek Peron se graf
Ons drink galbitter ekspresso met sodawater
En le op die walle van die Rio Grande
Ons sit op Camenito se stoepe en drink swart bier
soos locals en dans ons eie Tango gesprek
Elke keer in die kamer terug
val ons klere vanself soos skille
Saans sit ons in die Tavernes van La Boca
en San Telmo
Drink rooi wyn glas vir glas
en laat ons deur kelners en soelweer lok
van vleisperon tot vleisperon:
Bruin gebraaide beeste versier elke eetplek
waar rooi en tradisioneel geklede kelners
in vreemde tale na binne wink
Maar ons verdwaal meestal in mekaar se oe
nn hardloop terug na ons hotel
om nog meer van mekaar te eet
Niks anders kan ons versadig nie
Ons praat en praat
Snert en intelek
Ons dwaal van straat tot straat in ‘n ou wereldse stad
Die Parys van ons hart
Ek verbeel my eks ‘n skilder en digter en jy
‘n stiervegter
Ons koop glaskristalkandelare van vergane herehuise
se gange en balsale
ons oe glinster ewe blink
ons blaai deur ou vergeelde tydskrifte waarin Evita pryk
jou reuk kleef aan my hande
as ek deur die jare vyftigs se boeke blaai
Ons sal ‘n hele leeftyd in hierdie stad kan verdwaal
kan wegkruip
kan vergeet
net leef
en liefhe^
maar
ons bly net ‘n week
vir oulaas ry ons deur die agbaan Avenida 9 de Julio
in ‘n geel en swart taxi
oppad na die lughawe
bedank ons albei beleefd die bestuurder
"Obrigado"-hys Portugees van Rio
Vir oulaas ry ons die pad na Avignido
In die lughawe se dutyfree winkels
Koop ons geskenke vir vrouens en kinders
Is dit werklik so afgryslik ?
Om mekaar so lief te he
Dat ons ook soms wil he ons lywe moet van tyd tot tyd
Aan mekaar behoort
Dit is
Dink ons
Geen vrou sal dit ook kan verstaan
Ons verwag ook niks anders nie
Ons vlieg in die vliegtuig
Bestemming:Kaapse Peron
Toe waardinne die ligte afsit
wyk ons butch houding en waardigheid
en kruip ons nader aan mekaar
Ongeerg kwansuis, in slaap skuins geval
en hou mekaar se hande vir oulaas
onder blou SAL komberse vas
Die lewe gaan voort
Van toe af, reis ons weer afsonderlik
na werk, gesin, kerk, bioskoop, bevordering, Phd, pa-wees en prestasie
Ons vermy mekaar omdat die onvermydelike
Vermydelik moet bly
Geen fotos
Geen aandenkings
Geen brosjures of weggeetekens nie
Dis net in ons kop
waar die herinneringe soos hemel wemel
Soms sluit ons ons oe
om weer die hardloop in strate vol skielike reen te sien
Die stap in vreemde woonbuurte
Die behoort aan mekaar in geleende kamers
Maar niks verder nie.
Vier jaar
gaan verby
En toe een aand
Klim ek oor van trein tot trein
En sien jou op die stasie staan
“Okay, let’s do dinner” se^ jy
(dit sal niemand seker seer maak nie)
(hoop ons beide)
“Let’s” beaam ek
En nou sit ek hier en kyk in jou oe
Terwyl die wereld buite wasig word
Vanuit die trein se skommelvenster
nog eens ry ons die kompartement
welwetend dat komponente
aparte moet bly
En nog ek nog jy
Weet hoegenaamd waarheen
Of die naam
van die volgende peron...


...gaan ons een een afklim
af albei verder ry?

No comments: