Ek het ook by ‘n Peron gekom
Peron 2, dink ek,
Peron 2, dink ek,
Waar niemand anders was nie
Daar was net plek vir myself
Dit was eenslaapkamervertrek klein
maar ruim soos die heelal
Elke droom en gedagte
het nog ‘n kamer oopgesluit
iewers het ‘ns tem oor in interkom
soos telepatie, ‘n innervoice na my aangesweef
droom en dink en verbeel soveel jy wil
elke keer as dit opsring in jou kop
manifesteer dit hier regop
(ek het toe twee keer oor elke gedagte begin dink)
Daar was:
Lee lokale
aankoms en vertrek sale
ook vir bal en banket
aankoms en vertrek sale
ook vir bal en banket
Ruim en groot
soos dans en musieksale
soos dans en musieksale
Ook klaskamers en terapiesale
Plekke vir lering en aanbidding
Navorsingkanale en satelietontvangs
Auditoriums met bach, en Dion en
Nuut soos rapp
Oud soos abba en die beatles
Maar die klank was orals net so goed soos Sydney se skulpvertrek
Daar was restaurante met kers en skadukelners
Die beste kaapse wyne:
Rooi soos haar heuwels in herfs
Blank soos haar witstrande in somer
Daar was biblioteke met kaggelvure
Kombuise tussen ‘n plaas en toetskombuis
Enige iets wat die verbeelding aan kon dink
kon gekook word
kon gekook word
Stowe
Potte panne porselein
Min maar als wat nodig was
Elke stukkie handgekies net reg opgedroom
Daar was ook slaapkamers met kerse
en spiels en dik winterwitwolkomberse
Antrasietstofies wat regte vlamme gooi
en een met lywe in liefde dans
Daar was bad en spa vertrekke
met saunastoom en droomgedagtes
kerslig en skuimaroms
sagte musiek en oosterse mistiek
en dan was daar die balkonne:
elke keer wat jy die luike oopswaai
lyk die groen bome onder anders
dan dans en wieg dit in die reen
dan swaai dit op ritmes in die wind
of staan soms net stil en gewyd en dink in die son
die wind hul ma kom in sagte streel
hul kuiwe vryf
hul lyk soos rebelse tieners
en dan weer gryswys oumensies
hul tyd is nie ons tyd nie
hul ore oor nie wat ons hoor nie
en die golwe groen gras voor my peron
was eindelose
dit het aangerol van heuwel tot heuwel
versteek tussen huis en huis
dit het aangegroei van oor die sagte groen rante van Ierland
dis volgemaak uit die mere van skotland
en het diep gedrink aan immergroen woude
waar rooikappie woon
daar was kranse soos Dover
en berge blou soos net in afrika
en dan uiteindelik wondervanallewonders
was daar ons moeder
die see
hoeveel uur het ek langs haar kus gestap
hoeveel gedagtes het daar na my gekom
al was daar nie elke keer antwoorde op al my vrae aan haar nie
was daar elke keer belonging
en soggens staan ek na ‘n diepslaap
weetniewanneerlaassolekker
op en maak my koffie
en swaai my balkonluike oop
om te kies wat ek sien
‘n antieke plein oor Madrid
‘n Grag oor Venesie
‘n kanaal en dyk in Amsterdam
die Swinks of ‘n woestyn
‘n eilandtuin of palms in ‘n bries
ek kan kies
to my hearts content
want vandag het die wereld
die wonder gebeur
die god in my wat self kan skep
het my togelaat om
te droom en te leef net wat ek wil
en die Opperheerdieatoomfasiliteerdergees
het gegeglimlag en gesien
dat dit goed was
Tog kom daar ‘n tyd
om ook die luukse van sulke ruimtes
te verlaat wat net aan jouself en jou droombeelde behoort
want al is ‘n besoek aan so ‘n Peron
behaaglik soos ‘n warmwintersbad
is dit slegs tussen ander mense
geeste, souls, reisigers, vreemdeling, vriende
wat die wereld werklik ervaring word
Dus het ek een sondagmiddag om vier my tasse gepak
en die Peron van selfindulgence dromegedagtesverryking verlaat
en gaan staan en wag vir my trein om my op te laai
Toe ek oor die beton aanstap
hoor ek hoe alleenego my voetstap oor die vloer
en hoe eensaam die regop lampe skyn
ek was bly ek het my trein
reeds hoor aankom om die draai.
No comments:
Post a Comment